Groot mylpaal in klub se visier

Die Surrender Hill-marathon wat deur die Bethlehem-marathonklub aanbied word, vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar.


Die Surrender Hill-marathon wat deur die Bethlehem-marathonklub aanbied word, vier vanjaar sy 30ste bestaansjaar.

Vier afstande word aan atlete gebied: 42,2 km, 21,1 km, 10 km en 5 km.

“Dit beteken dat daar iets vir almal is, of jy nou ’n ervare marathonatleet is of slegs ’n beginner Z daar is vir elkeen ’n opsie,” sê Hettie Nieuwenhuizen, voorsitter van die klub.

Dié geleentheid sal op Saterdag 9 Maart in Clarens plaasvind. Atlete wat aan die 42,2 km-wedloop deelneem, spring om 06:00 weg. Die 21,1 km-wedloop begin om 06:10, die 10 km-wedloop om 06:20 en die 5 km-wedloop om 06:30.

Meer as 700 atlete neem jaarliks aan die marathon deel, wat ’n kwalifiserende wedloop vir die Comrades-marathon is.

Die klub hoop om vanjaar die 1 000-kerf oor te steek wat betref die getal atlete wat deelneem.

Die uitdagende marathon vind in die skilderagtige Oos-Vrystaat plaas. Atlete draf vanaf Clarens. Hulle sal hulle in die pragtige natuurskoon, met die Lesotho-berge op die agtergrond, kan verlustig.

Elke atleet ontvang ook ’n lekker geskenkpakkie.

Voornemende atlete kan navrae aan Nieuwenhuizen rig, by 071-679-5212, óf Maryna van Strijp by 083-244-6632.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.