Groet nog ’n bibberdag in die Vrystaat

Groet nog ’n bibberdag in die Vrystaat

Die afgelope twee weke het die winter sy kloue deeglik in die Noord- en Oos-Vrystaat ingeslaan. Volgens Axinia Sethabela van die Suid-Afrikaanse Weerdiens sal die minimum temperatuur vir die week wat voorlê op sommige plekke in die Noord-Vrystaat onder vriespunt draai, met matig tot koue temperature gedurende die dag. In die Oos-Vrystaat word buitengewoon koue weersomstandighede egter verwag. Dié skouspelagtige sonsopkoms met ryp op die gras is op 12 Junie om 07:05 op die Loch Athlone-landgoed buite Bethlehem afgeneem. Foto: Paula du Toit

Credit: SYSTEM

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.