Die AfriForum-tak in Heilbron het gedurende Maart weekliks ’n dag opsy gesit om ’n verskil in hul dorp te maak.
Die plaaslike gholfklub het hul trekker-grassnyer vir die tak beskikbaar gestel en daarmee kon hulle die gras binne en rondom die Voortrekkerterrein sny, asook die blombeddings netjies maak.
By die Riemland-museum het hulle die gras gesny en onkruid verwyder. Lede van die tak het toe in Langmarkstraat bymekaar gekom en die gras langs die pad gesny, en middelmanne en straatfronte skoongemaak.
Die tak het weekliks skoonmaak-aksies waarby gemeenskapslede betrokke kan raak.
“Ons het nog soortgelyke projekte wat voorlê vir die jaar en ons nooi almal om te kom help. Ons wil nie net ’n verskil sien nie, ons werk hard om die verskil te wees,” sê Gerrie Muller, voorsitter van AfriForum se Heilbron-tak.
Gemeenskapslede kan vir Paul Bergh op 081-354-3073 kontak vir of wordlid.co.za besoek om betrokke te raak.