Groen bloed voed ywer by passievolle skool

Jim Fouché (JF) is die hartklop van Gardeniapark in Bloemfontein. Elke tiener in die gemeenskap met groen bloed se hart bars van trots, passie en liefde vir die kultuur en eenheid wat hier gekweek word.

’n Gees van positiwiteit heers by die Hoërskool Jim Fouché.Foto: Verskaf

Credit: SYSTEM

Jim Fouché (JF) is die hartklop van Gardeniapark in Bloemfontein. Elke tiener in die gemeenskap met groen bloed se hart bars van trots, passie en liefde vir die kultuur en eenheid wat hier gekweek word.

By die Hoërskool Jim Fouché is gelukkige kinders die onderwyskorps se fokus, maar dit is ook hier waar dissipline en dryfkrag gekweek word sodat elkeen sy volle potensiaal kan bereik.

JF is meer as net ’n skool – dit is ’n leefwyse.

Die leerlinge se prestasies skiet jaar ná jaar die hoogte in, te danke aan goeie afrigting, onderrig en leiding van onderwysers.

Die matriekuitslae soos dié van die 2023-matrikulante is uitsonderlik en getuig van uiters toegewyde personeel en leerlinge.

Die prestasies van 2023 sluit in ’n 100%-slaagsyfer, 341 vakonderskeidings en 38 leerlinge met ’n gemiddelde van 80% en hoër.

Uit dié klas het 28 leerlinge ses of meer onderskeidings behaal en 12 leerlinge was onder die Vrystaat se 50 topleerlinge, wat op Vrydag 19 Januarie op ’n spesiale geselligheid in Bloemfontein vereer is.

Op sportgebied lewer JF kampioene op, met verskeie spelers wat in provinsiale of selfs nasionale spanne ingesluit word Z ook ná skool.

Die kultuurdiere reis die land vol en verteenwoordig JF met trots op al wat ’n verhoog of podium is.

Die Hoërskool Jim Fouché is meer as net ’n skool – dit is ’n tuiste waar kinders vertroetel en ontwikkel word.

Die skool staan ook vas in die Here en almal hier is dankbaar vir sy hand oor die skool. Alle eer aan Hom!

Op elke gebied is die waardes wat in JF ingeploeg word, duidelik waarneembaar: respek, omgee, verantwoordelikheid, integriteit en lojaliteit.

Die saad wat by dié skool gesaai word, verseker elke jaar ’n ryke oes.

Jani van der Merwe, redakteur van die skoolkoerant Die Oester, som die gees by die skool op met ’n aanhaling van ’n anonieme skrywer: “Unity is strength, and teamwork is the key to success.”

Jani skryf: “Ons bloed sal elke dag groen deur ons are pomp, want Jim Fouché-skool, jý is vir mý!”

In die sentrum van die skool ontdek jy die kern van die skool: die Anton van Wyk-koshuis. Leerlinge van oor die land heen kry hiér die geleentheid om met ywer hul akademiese, sport- en kultuur-doelwitte te bereik.

Die koshuis het die potensiaal om ’n vyf-jaar “hemel” weg van die huis af te wees.

Dit is ’n plek waar elke leerling welkom is en aangemoedig word om sy of haar unieke self te wees – om te groei en ontwikkel in die jong volwassene wat hulle graag wil wees.

Hier werk leerlinge hard, met passie en liefde vir dit wat hulle doen.

JF se koshuis is ’n tuiste ver van die huis – dit is klein, maar hul hart is groot en daar is ’n oorvloed liefde om te gee en te ontvang.

Rig navrae oor die koshuis by 066-505-8660 of bel James Taylor by 083-566-5369.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.