Gratis borsondersoek in Oktober aangebied

Oktober is Borskankerbewustheidsmaand, en die Northern Free State Caregivers (NFSCG) in Kroonstad gee die gemeenskap kans om gratis ondersoek te word.


Oktober is Borskankerbewustheidsmaand, en die Northern Free State Caregivers (NFSCG) in Kroonstad gee die gemeenskap kans om gratis ondersoek te word.

“Ons moedig veral vroue aan om hiervan gebruik te maak. Sr. Jorietha Heymans van die Talita Koemi-babakliniek sal die borsondersoeke hanteer,” sê Felicity Combrinck, voorsitter van die NFSCG.

Belangstellendes kan volgende week Dinsdag en Woensdag in die Naudésaal in Turnerstraat ondersoek word. Maak ’n afspraak by Combrink by 084-206-8912.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.