G’n oomblik ledig

Elke besoeker aan die VKB Bieliemieliefees in Reitz is daar óf om plesier en vermaak te verskaf, óf om die fees te geniet.


Elke besoeker aan die VKB Bieliemieliefees in Reitz is daar óf om plesier en vermaak te verskaf, óf om die fees te geniet.

’n Hele reeks keuses van aktiwiteite wag op oud en jonk, met heelwat om te geniet benewens die hoof-attraksie van die landbouskou.

Elkeen kry ’n kans met kompetisies

Die volle spektrum kompetisies word aangebied, onder meer:

  • ’n potjiekos-kompetisie;
  • ’n slaglam-kompetisie;
  • ’n sterkman-kompetisie;
  • ’n woldra-kompetisie;
  • boeresport;
  • ’n vasvra;
  • bulletjie-rugby en mini-netbal;
  • ’n bergfietswedren;
  • gholf; en
  • die jaarlikse Bieliemielie-marathon.

Deelnemers word aangemoedig om met hul vernuftigheid te spog, want daar is groot pryse op die spel.

Benewens die kompetisies is daar perde- en hondevertonings wat feesgangers sal vermaak.

Kinders kan uitsien

Die VKB Bieliemieliefees maak voorsiening vir allerlei bedrywighede waarmee die kleinspan besig gehou kan word, sodat die hele familie die fees kan geniet. Kinders kan vriende maak met die diere by die hansdieretuin (“petting zoo”), kameel ry en hulself in die pretpark geniet.

Lafenis en geselligheid wag om elke hoek en draai

Vir dié met ’n groot dors om te les sal daar ’n kuiertent wees, en niemand hoef honger te ly nie, want daar sal ’n groot verskeidenheid kosstalletjies wees. Uitstallers sal produkte soos hommeltuie, kamoefleerserpe, parfuum en lekkergoed te koop aanbied.

Beplanning waarborg ’n naweek van pret

Dié wat lus is om fees te hou moet seker maak dat hulle niks anders beplan vir die naweek van 27 Februarie tot 1 Maart nie. Bespreek sommer oornagplek, want soos elke jaar is dit vir feesgangers moeilik om te vertrek as die fees nog aan die gang is.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.