April is Wêreld-outismemaand, en twee leerlinge aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem wat finaliste in die mnr. en mej. Witteberg-kompetisie is, het daarom ’n geleentheid aangebied om bewustheid oor outisme te bevorder.
Op 14 April het Rian Roos en Anri Reyneke, in samewerking met ChangeNetSA, ’n pretstapgeleentheid op die Laerskool Jordania se krieketveld gehou. Gloeistokkies en gebruikte sporttoerusting is verkoop ten bate van ChangeNetSA se New Beginnings-gerief in Môrelig, waar kinders met outisme van twee tot vyf jaar oud voorberei word om skole en tutorsentrums te by te woon.
George Heinlein het die gehoor met sy musiek vermaak.


