Gimnaste van die Bethlehem- gimnastiekklub het Vrydag (24/06) en Saterdag (25/06) aan die Vrystaatse sone-gimnastiekkampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem.
Hulle het in hul onderskeie ouderdomsgroepe die volgende goeie prestasies behaal:
Meisies vlak 1, 6 jaar: Nadine Coetzee (silwer), Milah Scholtz (goud) en Miela Jacobs (silwer); Meisies vlak 1, 7 jaar: Adoné Claasen (silwer), Amira Potgieter (goud) Elizna de Groot (goud), Emma Strydom (silwer), Ilanke Rademan (goud), Lienke Broodryk (goud), Melandri Cilliers (silwer), Miné Zietsman (silwer), Sanna Roux (goud), Skyla van den Berg (goud), Tayla Ware (silwer) en Theresa van Graan (brons); Meisies vlak 1, 8 jaar: Annake Roux (silwer), Anelé Hamman (silwer) en Mia Coetzee (goud); Meisies vlak 1, 9 jaar: Marinke Claasen (goud) en Mia Corver (silwer). Meisies vlak 1, 10 tot 11 jaar: Amé Potgieter (goud), Inemari Roux (goud) en Nina Strydom (brons); Meisies vlak 2, 7 jaar: Carla-Mae van der Merwe (goud); Meisies vlak 2, 8 jaar: Gabrielle Pelser (silwer) en Miemie Cilliers (goud); meisies vlak 2, 9 jaar: Hesté du Preez (silwer) en Lyla Jonker (goud); meisies vlak 2, 10 tot 11 jaar: Isabel van Deventer (goud), Rozelle Steenkamp (goud) en Zanike Els (goud).
Meisies vlak 3, 9 tot 10 jaar: Daniëlle Venter (silwer); meisies vlak 3, 11 tot 12 jaar: Megan Provis (silwer).
Seuns vlak 1, 6 tot 9 jaar: Philip Potgieter (goud); seuns vlak 2, 6 tot 8 jaar: Rynhardt Jonker (silwer); seuns vlak 2, 9 tot 10 jaar: Alrich Zietsman (silwer) en Dian Nel (silwer); seuns vlak 3, 10 tot 11 jaar: Rigardt Strydom (brons) en Reynhard van Rooyen (silwer).
Jaco Cilliers en Anina Kriel rig al die gimnaste af.