Vermaak uit die boonste rak op Ignite en Revive-fees

‘n Hoogtepunt tydens vanjaar se Ignite en Revive-fees is die kunstenaars wat ‘n draai op die verhoog kom maak. Vrydagaand sal Duane van der Berg & Okes, Carmen Basson, Jako Bezuidenhout, Ricus Nel, Juanita du Plessis en oud-Kroonstadter Robbie Wessel


‘n Hoogtepunt tydens vanjaar se Ignite en Revive-fees is die kunstenaars wat ‘n draai op die verhoog kom maak. Vrydagaand sal Duane van der Berg & Okes, Carmen Basson, Jako Bezuidenhout, Ricus Nel, Juanita du Plessis en oud-Kroonstadter Robbie Wessels hul buiging maak.

Saterdag sal Duane van der Berg & Oakes, Armand Hofmeyr, Andriette Norman, Jo Black en Droomsindroom optree. Sien program vir die tye.

Onbeskaamd sal Sondag tydens die lofprysing en aanbidding geleentheid optree.

Kaartjies vir die fees kan aanlyn of by Pick n Pay Panorama, The Interior Shop en Sernick Butchery & Deli gekoop word.

Kaartjiepryse vir al die vertonings, is:

  • Vrydag -vertonings: R 150 per persoon
  • Skolier (7 – 18 jaar) R 120 per persoon
  • Saterdag –vertoning: R 150 per persoon
  • Skolier (7 – 18 jaar) R 120 per persoon,
  • Naweek -kaartjies – R 250 per persoon
  • Skolier (7 – 18 jaar) R 200 per persoon
  • Kinders jonger as 7 jaar se toegang is gratis.

You need to be Logged In to leave a comment.