Die deel van die R26-roete tussen Bethlehem na Reitz, veral by die Bakenspark-kruising, staan deesdae bekend as die “pad van die dood”.
Dit kom nadat ’n kind wat op 20 November op pad skool toe was, daar doodgery is.
Verskeie klagtes oor die gevaarlike kruising by Bakenspark is al onder die Dihlabeng-munisipaliteit en owerhede se aandag gebring weens die gevaar wat padgebruikers en voetgangers trotseer.
Die munisipaliteit se terugvoering op navrae was dat nie nog verkeersligte aangebring kan word nie.
Raadslede het voorgestel dat verkeersamptenare veral op spitstye die pad beman, maar hieroor is nog geen terugvoering ontvang nie.
Marius Marais, DA raadslid in die Dihlabeng-munisipaliteit, sê hy het op verskeie geleenthede aan die plaaslike munisipaliteit, asook ander betrokke owerhede, geskryf oor die gevaar wat die pad inhou.
“Die verkeer is veral op spitstye baie gevaarlik en dit wat ons die meeste gevrees het, dat iemand hulle lewe só gaan verloor, het toe wel gebeur.”
Marais sê indien die munisipaliteit en die Vrystaatse departement van polisie, paaie en vervoer strenger verkeersregulaies op die R26-roete kon instel, sou die ongeluk waarin ’n kind sy lewe verloor het waarskynlik voorkom kon word.
VrystaatKroon
wag steeds op terugvoering nadat ’n navraag oor die gevaarlike omstandighede by dié stuk pad aan die munisipaliteit gerig is.