“Hierdie spinneweb is waarskynlik deur een van die vele hangmatweb-spinnekoppe (Linyphiidae) gespin,” sê Landi Cordier, ’n spinnekopkenner. Die spinnekoppe in dié familie is klein (1,5 mm tot 8 mm) en is passiewe jagters. Hulle hang geduldig onderstebo onder die lakenagtige web en wag vir ’n prooi-insek om oor die web te beweeg. Die spinnekop byt dan die insek wat deur die web ingetrek word. Dié soort spinnekoppe speel ’n noodsaaklike rol in bevolking-beheer met betrekking tot klein insekte en word nie beskou as bedreigend vir mense nie. Die web op die foto, ’n voorbeeld van die soort wat algemeen in die omgewing voorkom, is op Almakoplaas in die Warden-distrik afgeneem.Foto: Marilou Corver


Gespin as hangmat, maar allesbehalwe vir ontspanning

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article