Een van die oudste inwoners van die Arboretum-tehuis in Kroonstad, Anna Serfontein (100), was ’n voorbok toe inwoners onlangs ’n uitstappie na ’n kitskosrestaurant onderneem. Danksy ’n skenker is almal in die tehuis op ’n wegneemete trakteer. Die restaurant het elke inwoner ook met ’n gratis roomys verras. “Tannie Anna, soos al die inwoners, het die rit en die uitstappie vreeslik geniet,” sê Marina van der Westhuizen, bestuurder van die tehuis. Van links is Coen Butler, Serfontein, Freda van der Westhuizen en Santjie Coetzee.Foto: Verskaf


Geniet uitstappie

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article