Marilé Swanepoel (17) het die skilderagtig gloeiende sonsondergang, met twee beeste wat rustig by ’n dam op die plaas Humansdam in die Senekal-distrik wei, in ’n foto verewig. Sy is ’n leerling aan die Hoërskool Paul Erasmus in Senekal. Dié skool beoog om binnekort ’n fotografieklub te begin om leerlinge blootstelling aan dié tydverdryf te gee.

Credit: SYSTEM