Geloof behels nabyheid

Hoe beskryf jy iemand met groot geloof? Let jy op na iemand se geloof in God se almag? Of groot drome? Dapperheid om vreemde dinge te doen? Hebreërs 11 beskryf geloofsmense aan wie God groot dinge gedoen het omdat hulle eenvoudige dinge gedoen het.


Hoe beskryf jy iemand met groot geloof? Let jy op na iemand se geloof in God se almag? Of groot drome? Dapperheid om vreemde dinge te doen? Hebreërs 11 beskryf geloofsmense aan wie God groot dinge gedoen het omdat hulle eenvoudige dinge gedoen het.

Omdat hy geglo het, is Henog weggeneem sonder om te sterf, aldus Hebreërs 11:5-6. Hulle kon hom nie kry nie, want God het hom weggeneem. Maar nog voordat hy weggeneem is, is van hom getuig dat hy God se goedkeuring wegdra.

As jy nie glo nie, is dit onmoontlik om God tevrede te stel. Wie tot God wil nader, moet glo dat Hy werklik dáár is en dat Hy dié wat na Hom soek, beloon.

In Genesis 5:24 word genoem: En Henog het met God gewandel; en hy was daar nie meer nie, want God het hom weggeneem. Geen groot drome, reuse-projekte, wonderwerke of verbasende dinge nie. Hy het eenvoudig met God gewandel. In so ’n mate dat hy God se goedkeuring weggedra het en God met hom tevrede was.

Geloof is dus om in jou lewe eers tot Hom te nader. Die lewe word ’n plek waar jy God soek om naby Hom te bly. In die gewone besig wees van die lewe en die chaos wat dit soms veroorsaak, bly daar ’n eenvoudige soeke na God se wil. In die lang wedloop van die lewe word dag ná dag in sy nabyheid geleef en gewerk.

Hoe sal jy jou wandel met, en soeke na, God beskryf? Geloof kyk altyd uit na God se teenwoordigheid. Dit sien God as die bron van ware lewe.

Gebed

Hemelse Vader, ek glo dat U teen­woordigheid ware lewe vandag sal bring. Wees my metgesel op die pad. Amen.

  • Els was voorheen oudleraar aan die NG kerk Kroonstad-Suid.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.