Geliefde sakeman van Bhm ter ruste gelê

’n Welbekende inwoner en sakeman van Bethlehem, Henk de Boer, is op 9 Junie in die ouderdom van 88 aan natuurlike oorsake in die Residentia-aftreeoord oorlede.


’n Welbekende inwoner en sakeman van Bethlehem, Henk de Boer, is op 9 Junie in die ouderdom van 88 aan natuurlike oorsake in die Residentia-aftreeoord oorlede.

Hendrik de Boer is op 18 Januarie 1934 as een van 11 kinders in Hooge­veen, Nederland, gebore. In 1955 het hy alleen na Suid-Afrika gereis en hom hier gevestig. Hy het in sy pa, Warmolt, wat ’n skoenwinkel bedryf het, se voetspore gevolg en in Pieter­maritzburg in ’n skoenfabriek begin werk. Hier het hy die liefde van sy lewe, Truus, ontmoet.

Die egpaar het in 1960 na Beth­lehem verhuis en was in vennootskap met Sasko vir die bekende Kraaijs-bakkery. In 1977 het Henk sy aandele in die bakkery verkoop om ’n harde­ware­winkel te open, vandag bekend as Solomons. Sy seun Gerard het die onder­neming sedert die negentiger­jare bestuur. Henk was nog tot 2020 hier betrokke. Gerard is in 2019 oorlede.

Henk en Truus was 63 jaar getroud en het 62 jaar in Bethlehem gewoon. Hy was gaande oor tuin­maak en was lief vir bonsais. Die buitelewe het hom na aan die hart gelê. Henk het in die raad van die Gereformeerde kerk gedien en was ’n Rapportryer. Sy joviale geaardheid het hom geliefd gemaak. Sy familie be­skryf hom as ’n uitstekende eggenoot. Sy kleinkinders was sy hart se punt.

Hy laat Truus en twee kinders, Truusje van der Walt en Warmolt, nege kleinkinders en vier agterklein­kinders agter. Sy roudiens is vandag om 11:00 in die Gereformeer­de kerk Bethlehem, gelei deur ds. Abri Pelser.

You need to be Logged In to leave a comment.