Geleentheid vir kwalifiseer wag op hardlopers

Die Bethlehem- multisportklub se jaarlikse Bieliemielie-marathon vind op Saterdag 26 Februarie in Reitz plaas.


Die Bethlehem- multisportklub se jaarlikse Bieliemielie-marathon vind op Saterdag 26 Februarie in Reitz plaas.

Hardlopers kan met dié marathon vir die Comrades- en Twee Oseane-wedloop kwalifiseer.

Deelnemers kan hulle vir die 42,2 km-, 21,1 km, 10 km- of 5 km-roete inskryf.

Marathon-atlete sal om 06:15 in Sarel Cilliersstraat wegspring.

Groot pryse is op die spel. Almal wat die wedloop voltooi, ontvang egter ’n medalje.

Inskryfvorms is op bieliemielie.co.za beskikbaar.

Belangstellendes kan Ebarnie Cilliers by 082-822-8992 bel vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.