Geen cholera, maar water wel besoedel

Die Heilbron-tak van AfriForum het die water van Elandspruit en die Uniefeesdam vir cholera getoets.


Die Heilbron-tak van AfriForum het die water van Elandspruit en die Uniefeesdam vir cholera getoets.

Op 8 Junie is watermonsters geneem om vas te stel of daar moontlik cholera in die water is. Dit is na ’n geakkrediteerde laboratorium gestuur en op 13 Junie is die toets-uitslae ontvang.

Dié water is negatief getoets vir cholera.

Daar kon wel tekens van E.coli gevind word en fekale kolivorme is ook in die monsters gevind, wat daarop dui dat daar wel riool in die rivier invloei – wat tot siektes soos cholera kan lei.

“Ons versoek inwoners van Heilbron om nie water uit hierdie twee bronne te gebruik nie. As dit noodsaaklik is, moet die water eers gekook word. Inwoners moet ook nie hier swem nie,” sê Alta Pretorius, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Mooirivier.

“Dit is vir seker raadsaam om diere van die spruit en dam af weg te hou.”

Die tak het probeer om met die Ngwathe-munisipaliteit in verbinding te tree, maar daar is tans nie ’n munisipale bestuurder nie, wat kommunikasie bemoeilik.

Intussen is reeds met die departement van water en sanitasie (DWS) in verbinding getree oor Elandspruit wat erg besoedel is.

“Die swak bestuur en onbevoegdheid van munisipaliteite is nou vinnig besig om hulle in te haal. Dit is egter hartverskeurend dat ons waterbronne, waarsonder nie mens of dier kan klaarkom nie, beskadig word. Ons hoop dat die DWS daadwerklik sal optree,” sê Pretorius.

You need to be Logged In to leave a comment.