’n Herlewing vind by die Koppies-rolbalklub plaas. Op 20 en 21 Julie het dié klub aan die Heilbron-borgedag-rolbaltoernooi deelgeneem. Koppies het drie van die vyf wedstryde gewen, met twee nuwelinge in die span. “Rolbal is nie net ’n sport vir ouer mense nie – daar is selfs deesdae laerskoolleerlinge wat aan dié sportsoort deelneem. Daarom wil ons graag oud en jonk nooi om hulle by die Koppies-rolbalklub aan te sluit,” sê Catrien Koekemoer van die klub. Van links is Adri Viljoen, Menicke Engelbrecht, Catrien Koekemoer en Arend Koekemoer, wat aan die Heilbron-toernooi deelgeneem het.Foto: Verskaf


Gee spel weer woema

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article