Die Hoërskool Witteberg in Bethlehem is as die wenner in die afdeling vir beste Facebook-blad van Netwerk24 se MySkool-skolenuuskompetisie aangewys. Witteberg se likes, asook die gereelde plasings, fotogalerye en unieke gebruik van hutstekens om oë na sy blad te trek, het verseker dat dié skool die nasionale wenner is. Die Facebook-blad word deur Gustav Dreyer, die skool se bemarkingshoof, bestuur. Netwerk24 se kompetisie fokus op skole se vermoë om uitmuntende digitale en gedrukte koerante te lewer. Skryfwerk, ontwerp, uitleg, fotografie, videografie en sosialemediatalent word in oorweging gebring.Foto: Verskaf


Gee skool rede om trots te wees

You need to be Logged In to leave a comment.

Gift this article