Die vierde Chosen-vrouekonferensie, met die tema “You are God’s Masterpiece”, is by die AGS kerk in Bethlehem aangebied. Dit was die tweede keer dat die geleentheid in Bethlehem aangebied is. Sowat 215 vroue van oor die land heen het die geleentheid op 21 en 22 Oktober bygewoon. “Die doel van die konferensie was om vroue hul waardigheid terug te gee, sodat hulle besef dat hulle unieke meesterstukke van God is,” sê Charmaine Grundlingh, spreker en organiseerder. Van links is Clarice Visser, Grundlingh en Talitha Rautenbach, wat sprekers op die konferensie was.Foto: Verskaf


Gee nuwe hoop aan vroue op konferensie

You need to be Logged In to leave a comment.