Gedy in Vrystaatse weertoestande

Gedy in Vrystaatse weertoestande

Dié turksvybos met sy kleurryke blomme groei langs die Heel-bo-pad net buite Rosendal in die Oos-Vrystaat. Die turksvy is ’n droogtebestande plant, wat met sy redelike vlak wortelstelsel selfs ligte reënval kan benut. Die beste planttyd is in Oktober en November, wat die plant toelaat om goed te vestig vir die winter. Die turksvybos sal daarom goed vaar onder die huidige weersomstandighede. Warm toestande sal oor die Noord- en Oos-Vrystaat voortduur, met maksimum temperature bo 30 °C en minimum temperature wat sal wissel tussen 8 °C en 13 °C. Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens in Bloemfontein kan donderbuie en reën teen die naweek oor dié gebiede voorkom, wat koeler temperature sal meebring.Foto: Debbie Agenbag

Credit: SYSTEM

Gedy in Vrystaatse weertoestande

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.