Mignon Thomas (15), ’n gr. 9-leerling aan die Hoërskool Witteberg in Bethlehem, het met haar perd Hawk Wing aan die tweede Vrystaatse kwalifiserende ronde in Suid-Afrikaanse western- berede spele (WMG) deelgeneem. Sy het uitstekend gevaar en van junior vlak 3 na vlak 4 gevorder – die hoogste vlak in WMG. Mignon het ses eerste plekke in die junior vlak 4-afdeling behaal en is as die algehele kampioen vir dié kwalifiserende ronde op junior vlak 4 gekroon. Die ronde is op 28 Mei in Bethlehem gehou, en op 25 en 26 Junie sal Mignon aan die volgende kwalifiserende ronde, in Viljoenskroon, deelneem.Foto: Susan Dorfling


Galop vooruit in kompetisie

You need to be Logged In to leave a comment.