Fondsbedrag groei aan

In dieselfde week waarop die Sentraal24 en Volksblad Kersfonds ’n inbetaling vir Solidariteit Helpende Hand se Studiefonds ’n inbetaling vir R35 000 gemaak het, het die studiefonds ’n lening van R40 000 goedgekeur vir ’n eerstejaarstudent wat uit ’n


In dieselfde week waarop die Sentraal24 en Volksblad Kersfonds ’n inbetaling vir Solidariteit Helpende Hand se Studiefonds ’n inbetaling vir R35 000 gemaak het, het die studiefonds ’n lening van R40 000 goedgekeur vir ’n eerstejaarstudent wat uit ’n kinder- en jeugsorgsentrum kom.

Dit is een van talle maniere waarop die Kersfonds ’n ware verskil in mense se lewe maak.

Skenkings uit die fonds word jaarliks uitbetaal aan ’n wye verskeidenheid welsynsorganisasies oor die Vrystaat en Noord-Kaap heen.

Lesers kan in die volgende maande skenkings aan die fonds maak om so ook ’n bydra te maak om die groot nood in ons gemeenskappe help verlig.

  • Die Kersfonds bedank vandag die volgende instansies: Kersfondsveiling (21 Maart) R5 715) Kersfonds-huisveiling (14 April) R19 190) Kersfondshouer by Bloemskou R2 500) H Delport R4 000) S. Oberholzer R10 000

Inbetalings kan gedoen word met die volgende bankbesonderhede: Volksblad-Kersfonds; Nedbank-rekening 102-891-9980; takkode 117-134.

Stuur bewys van die inbetaling na annemarie@engo.co.za.

You need to be Logged In to leave a comment.