The Growing Tree Learning Academy in Kroonstad het op 19 April ’n fliekaand onder die sterre aangebied. Die kleuters het, elk in hul eie kartonmotor, die animasierolprent Sing 2 op ’n groot skerm in die tuin van die skool gekyk, asof by ’n inryteater. “Die kinders het soveel pret gehad, en ek wil al die ouers wat so vindingryk was, vir hul bydrae tot die fliekaand se sukses bedank,” sê Seugnet Oelofse, eienaar van die skool.Foto: Verskaf