Firma reik ál hoër

Die welbekende prokureursfirma Day & Schilling in Kroonstad vier vanjaar in Maart, sy 11de bestaansjaar en sy agste jaar as Day & Schilling Prokureurs.


Die welbekende prokureursfirma Day & Schilling in Kroonstad vier vanjaar in Maart, sy 11de bestaansjaar en sy agste jaar as Day & Schilling Prokureurs.

Die firma het op 1 Maart 2011 sy onstaan gehad en word sedert 1 Maart 2014 onder dié naam bedryf.

FC Schilling, direkteur van die firma en alleendirekteur sedert 2015, het die firma deur harde werk en toewyding laat uitbrei en in die afgelope paar jaar na nuwe hoogtes geneem.

Day & Schilling is bekend vir praktiese, vernuwende en konstruktiewe oplossings vir regs- en aanverwante dispute, terwyl die hoogste etiese peil van professionele verteenwoordiging gehandhaaf word.

Schilling en sy personeel wil van die geleentheid gebruik maak om Marné Minnaar, ? boorling van Kroonstad en praktiserende prokureur wat haar tydens dié heuglike maand by die firma as professionele assistent aansluit, te verwelkom.

As prokureursfirma bied Day & Schilling aan kliënte ’n wye verskeidendheid professionele regsdienste in Kroonstad en omgewing.

Die firma spesialiseer onder andere in algemene litigasie, wat insluit hooggeregshof- en landdroshoflitigasie, strafsake, arbeidwetgewing, siviele sake, egskeiding, derdepartyeise, eise vir onregmatige arres en aanhouding, onderhoudsaangeleenthede, kommersiële aangeleenthede, familiereg, die bereddering van bestorwe boedels en die oordrag en registrasie van onroerende eiendom.

Vir die beste regsadvies besoek Day & Schilling by Buitekantstraat 36, Kroonstad, of skakel 056-212-5777 of 073-157-5499.

You need to be Logged In to leave a comment.