Die Goudveld-multisportklub bied op Saterdag 26 Februarie sy 43ste Mielie-marathon in Welkom aan.
Dit is ’n kwalifiserende marathon vir die Comrades- en Twee Oseane-wedloop.
Hardlopers van oor die land heen kan deelneem.
Diegene wat die 42,2 km-roete aanpak, sal om 05:30 wegspring. Deelname kos R180.
Die halfmarathon (R150) en ’n 10 km-wedloop (R120) begin om 06:00. ’n Kleurpretloop oor 5 km (R50) kom 07:00 aan die beurt.
Die wedlope begin en eindig op die Hoër Tegniese Skool Welkom se sportterrein in Volksweg.
Prysgeld van R1 000 (42,2 km), R500 (21,1 km) en R300 (10 km) is op die spel vir die wenners.
Deelnemers aan die kleurpretloop sal ’n medalje ontvang.
Inskryfvorms is op webtickets.co.za beskikbaar. Belangstellendes kan Pedrie Erasmus by 083-478-3886 of Annelize Strydom by 082-820-9641 bel.