Feestelikheid heers in dorp

Dit het die naweek behoorlik gegons in Kroonstad toe die tweede Ignite and Revive-familiefees van 1 tot 3 September aangebied is.


Dit het die naweek behoorlik gegons in Kroonstad toe die tweede Ignite and Revive-familiefees van 1 tot 3 September aangebied is.

Die fees het soos verlede jaar aktiwiteite en vermaak vir oud en jonk gebied: van meganiesebulritte tot ’n gesofistikeerde teetuin en stalletjies met iets in elkeen se smaak.

“Dit is vir my ’n riem onder die hart, en ek wil elke borg, die organiseerders en almal wat ’n bydrae gelewer het, bedank. Sonder julle sou die fees nie moontlik gewees het nie,” sê André van Pletzen van Ignite and Revive, wat ook die hooffeesorganiseerder is.

Volgende jaar se fees word reeds beplan, en belangstellendes wat betrokke wil raak of meer wil uitvind, kan e-pos na info@igniteandrevive.co.za stuur.

You need to be Logged In to leave a comment.