Feesnaweek sal vermaak en verras

Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem vier vanaf Vrydag 2 September sy 120ste bestaansjaar met ? heerlike feesnaweek vir oud en jonk.


Die Hoërskool Voortrekker in Bethlehem vier vanaf Vrydag 2 September sy 120ste bestaansjaar met ‘n heerlike feesnaweek vir oud en jonk.

Vrydag het OFM ’n buite-uitsending met hul ontbytprogram van 06:00 tot 09:00 en Teambo en hul trommespan sal by die saalperiode betrokke wees.

Tydens dié periode sal die perdejoggies vir die eerste Voortekker-MET-perderesies ook bekendgestel word.

Die dag sal met ‘n alumnidinee vir al die alumnilede, reüniegroepe, oud-Trekkers, vriende van Voortrekker en oud-onderwysers afgesluit word. Kaartjies hiervoor is by die kantoor beskikbaar.

Meer as tien jaargroepe sal die naweek hul reünie hou.

Die Saterdag sal die Voortrekker Wildsfees, ‘n dag propvol opwinding, plaasvind.

Bedrywighede begin om 08:00 met die Voortrekker-bergfietswedren en ‘n pretstap, en almal word genooi om hieraan deel te neem.

‘n Hoogtepunt op die program is die MET-perderesies. Elke graad gaan ‘n stokperd, wat volgens die graad se bepaalde borg versier is, ry en daar is vyf perdejoggies wat in aflossessies aan die wedrenne sal deelneem.

Besoekers word aangemoedig om hul geld op hul gunsteling-perde te plaas met die oog op ’n wenner.

Heerlike, eksotiese wildshappies – wat by die kaartjiepryse ingesluit is – sal vir besoekers die geleentheid gee om heeldag aan ‘n wye verskeidenheid wild soos krokodil te proe.

Rugbyliefhebbers kan die wedstryd tussen die Springbokke en Australië op ‘n groot skerm in die Copper Union-bier-en-wyntent kyk.

Die welbekende radio- en televisie­persoonlikheid Johrné van Huyssteen sal as die seremoniemeester tydens die 120-jaarvieringe optree.

Groot name in die musiekbedryf soos Kate Rok, Mia, Salome, OK The Jock, Rudo Schwimm, Droomsindroom, As I Like It, Rooksein en Die Rowers sal die dag se vermaak lewer.

Dié dag vol vermaak beloof om ‘n hoogtepunt op Bethlehem sosiale kalender te wees.

Kaartjies vir die wildsfees kos R80 per volwassene, R50 vir leerlinge en voorskoolse kinders kry gratis toegang.

You need to be Logged In to leave a comment.