Feeshonger word só gestil

Die Ignite and Revive-familiefees beloof om ’n feesnaweek propvol pret-aktiwiteite te bied.


Die Ignite and Revive-familiefees beloof om ’n feesnaweek propvol pret-aktiwiteite te bied.

Groot opwinding heers oor dit wat van 1 tot 3 September in Kroonstad verwag kan word.

Vanjaar se landbou-uitstalling spog met groot name in die bedryf, met die nuutste produkte en tendense wat ten toon gestel sal word.

Motorhandelaars kom spog met topprodukte en staan gereed om navrae of aankope te hanteer.

Benewens die opwinding wat kameelresies en meganiese bulritte sal inhou, kan rugby­aanhangers gerus nader staan om aksie op die North High School se rugbyvelde te aanskou.

Deur die loop van die vermaak en aksie kan Feesgangers deurentyd aan snoephappies smul, en middag- en aandete kan boonop op die fees gekoop word. Die 18 kosstalletjies met ’n verskeidenheid aanbiedings sal verseker dat geen feesganger honger ly nie.

Die Kroonstadse brouery Appointment Craft Brewery bied ’n verskeidenheid yskoue bier vir al die droë kele, wat in die biertent op die feesterrein bedien sal word.

Koffieverslaafdes kan gerus by die Coffee Shots-stalletjie inloer, waar smaaklike en unieke koffiesoorte op hul wag.

Kaartjies vir vanjaar se fees is by die ingang te koop, of kan vooraf by Pick n Pay Panorama, Tennessee Spur, The Interior Shop en Sernick Butchery and Deli gekoop word.

Besoek Ignite and Revive se Facebook-blad vir meer inligting.

You need to be Logged In to leave a comment.