“Ek weet nie waar om te begin, om elke liewe persoon wat van die Kia Makietie en die eerste Ignite & Revive-fees, ‘n reuse-sukses gemaak het, te bedank nie,” sê André van Pletzen wat aan stuur staan van die Ignite en Revive organisasie en hooffeesorganiseerder.
Die organisasie, hoofsaaklik sakeondernemings en sakemanne van Kroonstad, het sedert 2016 self moue opgerol om ‘n verskil in hulle gemeenskap te maak en so het hulle ook ‘n fees met ’n verskil in samewerking met KIA en KykNET Kwêla, vir Kroonstadters aangebied.
“Ons wil vir KIA Suid-Afrika, KykNet Kwêla, Waldimar Pelser die uitvoerende hoof van KykNet, Nelius Ferreira van Artist Warehouse, die platinum borge, Terra Till, TerraMeg LMV en Case, ATKV, Standard Bank, Quantum Fields Services, CC Chicken, Corcomm, Ljemeg, Black Hawk en al die ander borge opreg bedank vir hulle groot bydrae tot die ongelooflike fees.”
“Trio Hoërskool vir hulle perseel en hulp met die fees, die Afrikaanse Onderwys Netwerk asook die borge wat met verblyf en eetgoed reggestaan het vir die kunstenaars en akteurs.” Daar is ongelukkig nie genoeg spasie om elke borg, uitstaller, donateur en selfs die motorwagte wat hulle goed van hulle taak gekwyt het, persoonlik te bedank nie. Solank elke persoon wat betrokke was weet dat die fees sonder hulle hulp onmoontlik sou wees.”
Kroonstadters was bevoorreg om die uitvoerende hoof van KykNET, Waldimar Pelser, wat die fees bygewoon het, hartlik te ontvang.
Volgende jaar se fees word reeds beplan en daar is groot verwikkelinge op die horison. ‘n Gepakte feesprogram met Afrikaanse produksies met die ondersteuning van die ATKV, is wat feesgangers te wagte kan wees.
Enigiemand of ondernemings wat as borg aan boord wil kom vir volgende jaar se feesvieringe is welkom om vir Van Pletzen te kontak op 082-785-5130.
Of stuur ‘n e-pos aan info@igniteandrevive.co.za vir meer inligting oor die feesreëlings en hoe om betrokke te raak.