Fees klop al aan die deur

Kroonstad skud sy vere reg vir die derde Ignite and Revive-fees, wat van 30 Augustus tot 1 September gehou word.


Kroonstad skud sy vere reg vir die derde Ignite and Revive-fees, wat van 30 Augustus tot 1 September gehou word.

Vanjaar spog die fees met heelwat nuwe toevoegings. Een hiervan is die Kroonstad TENS-sporttoernooi, waarin rugby-, Fast 5-netbal- en ringbal­spanne gaan kragte meet, en dit is ’n groot trekpleister op die program.

Spanne word aangemoedig om hulle so gou as moontlik te registreer. Verskeie pryse is op die spel, en deelnemers se inskrywing sal beteken dat hulle nie ’n afsonderlike feeskaartjie hoef te koop nie.

Die Kroonstad TENS word moontlik gemaak deur die George TENS en Ultimate Sports Nutrition (USN) as borg.

Ook ’n 5 km-pretloop word in samewerking met die Kroonstad-multisportklub aangebied. Wat die res van die fees betref, sal uitstallers van oraloor hul produkte ten toon stel – dit sluit die vervaardigers van landboutoerusting en motor­handelaars in. Eet- en drinkgoed sal te koop wees, met ’n teetuin waar veral vroue kan kuier en ontspan. Rugbygeesdriftiges hoef nie bekommerd te wees nie; die wedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks sal op ’n grootskerm vertoon word.

Die ATKV sal vir oud en jonk drie produksies verseker, en verskeie kunstenaars sal feesgangers vermaak.

Program

Vrydag 30 Augustus:

  • Duane & Oakes
  • Carmen Basson
  • Carma
  • Alter ego
  • Die Piesangskille
  • Demi Lee Moore
  • Riaan Benadé

Saterdag 31 Augustus:

  • Duane & Oakes
  • Carmen Basson
  • Jemma Catherine
  • Carma
  • Dodo
  • Ruhan du Toit
  • Spoegwolf

Sondag 1 September:

  • The Shelter
  • Johan Voster
  • Bernice West
  • Jacomien de Wet
  • Arnold de Wet

Die fees sal weer op die North High School se terrein aangebied word.

  • Hou VrystaatKroon en Ignite and Revive op Facebook dop vir meer inligting.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.