Fees hou bly ’n voorreg

Dit is altyd ’n fees vir VKB om die naamborg van die VKB Bieliemieliefees in Reitz te wees, en vanjaar is geen uitsondering nie.


Dit is altyd ’n fees vir VKB om die naamborg van die VKB Bieliemieliefees in Reitz te wees, en vanjaar is geen uitsondering nie.

Die groep meen dit is ’n voorreg om reeds sedert die ontstaan van dié fees die pad saam te stap en verblydend om die invloed van die fees op die Oos-Vrystaat te sien.

Gemeenskapsbetrokkenheid, veral in die gebiede waar die VKB Groep werksaam is, is van kardinale belang vir die groep.

VKB is trots op die waarde wat die VKB Bieliemieliefees tot die plaaslike gemeenskap én die breër omgewing toevoeg. Dit is nie net ’n fees vir die hele gesin nie, maar ’n mooi advertensie en vertoonvenster vir die rol wat landbou in ons samelewing speel, en die fees skep ’n ideale geleentheid vir die publiek om dit eerstehands te ervaar.

Die VKB Bieliemieliefees bring duisende mense bymekaar waar nuwe verbintenisse gevorm word en lekker saam gekuier word in die beeldskone Oos-Vrystaat.

Die feesorganiseerders sien daarna uit om weer besoekers van heinde en ver vanjaar in Reitz te verwelkom.

Die VKB Groep nooi graag almal uit om die fees by te woon en landbou en sy mense saam te vier.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.