Ervaring steun puik kantoor-oplossings

Nashua Kroonstad is onder nuwe bestuur.


Nashua Kroonstad is onder nuwe bestuur.

SC Document Solutions, wat onder Nashua Kroonstad handel, het ’n koopooreenkoms met die nuwe eienaar en bestuursmaatskappy Digiteq Pro aangegaan.

Dit is sedert Oktober van krag.

Die nuwe eienaars en aandeelhouers is Jurie Schoeman, Mario Engelbrecht, Jaco Peyper, Annelise Engelbrecht, Nadia du Plessi, Rikus Kruger en Wayne Chowles.

Takke word bedryf in Bloemfontein, Aliwal-Noord, Welkom, Bethlehem, Kimberley, Kathu, Upington, Vryburg en Maseru.

“Die meeste besigheidsprosesse, personeel en ondersteunende infrastruktuur word behou, en Nashua Kroonstad is nou amptelik ’n toevoeging tot ons uitgebreide groep, wat takke in die Vrystaat, Noord-Kaap en Lesotho insluit,” sê Schoeman.

Nashua evalueer elke kliënt se besigheidsbehoeftes om hierdie belangrike agtergrond te verstaan, en die onderneming rugsteun produkte en dienste met toegewyde, proaktiewe ondersteuning wanneer die kliënt dit die nodigste het.

Die onderneming was deur die loop van die afgelope paar dekades op ’n opwinden­de reis wat innovering, heruitvinding en groei insluit.

Met die ervaring en insigte wat die onderneming opgedoen het, is dit die doel om meer besigheidsoplossings te lewer; in kliënte se behoeftes te voorsien; en dit boonop te oortref.

Die doel is hoofsaaklik om vir kliënte alles onder die Nashua-handelsnaam te bied, en Nashua is ook nou geposisioneer as die eenstop-werksplekverskaffer, wat wêreldgehalte-oplossings aan alle kliënte bied sodat ondernemings van krag tot krag kan groei.

“Ons lae-aanraking-ekonomie en benadering om ’n omvattende werksruimte te voorsien, posisioneer ons as ’n voorkeurvennoot vir kliënte.”

Nashua Digiteq Pro is ten volle tot vernuwende oplossings verbind en bied die volgende aan kliënte:

  • die nuutste geoutomatiseerde kantoorbehoeftes, koordlose en optieseveselkabelverbinding, toesig- en toegangsbeheer, wêreldgehalte-telefonie, dokumentbestuurstelsels en interaktiewe witborde; asook
  • die verskaffing van alternatiewe energie, insluitend sonkrag- en hibriede opsies, omskakelaars, rugsteunstelsels, met toepaslike en verskeie finansierings- en kredietopsies om van te kies.

Hiermee word splinternuwe en opwindende geleenthede vir ondernemings in Kroonstad aangebied, wat weer ander moontlikhede op ’n groter skaal vir bedrywighede op die dorp kan bring.

You need to be Logged In to leave a comment.