Erfenis word bewaar

AfriForum se Heilbron-tak het die afgelope maand hand aan die ploeg geslaan en twee erfenisterreine in die dorp skoongemaak.


AfriForum se Heilbron-tak het die afgelope maand hand aan die ploeg geslaan en twee erfenisterreine in die dorp skoongemaak.

Die Riemland-museum in die hartjie van Heilbron, wat die storie van hierdie dorp en sy mense vertel, sowel as die Heilbron konsentrasiekampkerkhof, waar meer as 1 120 bejaardes, vroue en kinders rus wat tydens die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) gesterf het, is opgeruim en opgeknap.

Die museum se gras is gesny, vullis is verwyder en die plaveisel en paadjie om en voor die museum is opgeruim.

By die konsentrasiekamp-begraafplaas is die grafte skoongemaak, gras gesny en dooie blare verwyder.

Alta Pretorius, AfriForum se koördineerder in die Mooirivier-streek, sê begraafplase is ’n skakel met die verlede.

“Ons is dit aan die mense wat hier ter ruste gelê is, verskuldig om die terrein met waardigheid te behandel en dit in stand te hou. As ons dit nie self doen nie, sal ons erfenis nie vir die nageslag behoue bly nie.”

Enigiemand wat by die tak se bedrywighede betrokke wil raak, kan Paul Bergh by 081-354-3073 bel.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.