Danksy die liefdeswenresep van kykNET se maatsoekreeks Boer soek ’n vrou, het tientalle Suid-Afrikaanse boere sedert 2007 die liefde van hul lewe gevind.
KykNET soek nou na ’n nuwe oes van boere of plaasbestuurders, manlik of vroulik, wat aan die 16de seisoen wil deelneem.
“Ek is elke jaar van voor af opgewonde oor al die nuwe mense wat ek gaan ontmoet, die mooi plekke van ons land wat ek sal sien en natuurlik ook die pragtige liefdesstories wat geskryf gaan word,” sê Marciel Hopkins, aanbieder.
Die tien topboere vir die 16de seisoen sal op 29 Oktober op kykNET aangekondig word. Voornemende pasmaats sal dan hul beurt kry om vir dié boere briewe te skryf.
Die 16de reeks sal van 11 Julie 2024 af op Donderdae om 20:00 op kykNET uitgesaai word.
Foto’s en afskrifte van Suid-Afrikaanse identiteitsdokumente moet inskrywings vergesel, en diegene wat wil deelneem moet ongetroud en ouer as 21 jaar wees.
- Inskrywings moet die vervaardigers voor Donderdag om middernag bereik.
Besoek kyknet.tv, waar jy jou óf aanlyn kan inskryf óf ’n inskryfvorm kan aflaai.
Rig navrae deur 079-614-2229 te skakel, of deur e-pos na boer@wolflightsa.com te stuur.