Vanjaar vier Hoërskool Witteberg 50 goue jaar.
Harde werk, deursettingsvermoë en spanpogings is geverg om dié goue mylpaal te bereik en tot die suksesverhaal van hierdie uitnemende skool by te dra.
Die skool is in 1945 gestig, en daarop is die nalatenskap en grondslag van die Hoër Handelskool Bethlehem gebou.
In 1972 is die besluit geneem om die skool as ’n akademiese hoërskool in te rig, waarna die naam, skoollied, skooluniform en doelwitte verander het.
Sedert 1983 het die skool vooruitgegaan deur rugby- en hokkievelde, asook netbal- en tennisbane, aan te bou om leerlinge se sporttalent te ontgin. Die ontwikkeling van die skool het immers nie stilgestaan nie.
In 2022 spog Witteberg met ’n landbougebou waar leerlinge opvoeding oor die landbousektor ontvang. In landboutegnologie-klasse word bouvaardighede aangeleer.
Hannes Oosthuizen is die vyfde skoolhoof.
Oosthuizen se hart klop al blou sedert 2003, toe hy as oud-Witteberger en -hoofseun sy hart vir Witteberg gegee het.
Benewens sy rang vol kwalifikasies is sy trotsste prestasie dat hy die skool met ons Skepper as riglyn kan lei.
In Hoërskool Witteberg word elke leerling as ’n meesterstuk beskou. Aan elkeen is talente, geskenk deur ons Skepper, toevertrou.
Witteberg bied verskeie geleenthede waar die leerlinge hul talente kan uitoefen.
By Witteberg, wat die vierde opeenvolgende jaar as die beste skool in wiskunde en fisiese wetenskap aangewys is, streef ons daarna om altyd akademie eerste te stel.
Boonop spog die skool met ’n program vol buitemuurse aktiwiteite van sport tot debat, redenaars, toneel en koor-oefeninge.
Uitmuntende prestasies is kenmerkend van die skool se kulturele aktiwiteite.
Tienertoneel, wat elke jaar verskeie eerbewyse ontvang, se harde werk word hierdeur beloon.
Elke leerling word aangemoedig om op sy of haar unieke manier ’n bydrae tot Hoërskool Witteberg se suksesverhaal te lewer.
In die afgelope 50 jaar het Witteberg gegroei, geglo en volhard om die skool te wees wat dit vandag is.
Mag 50 jaar 500 word. Mag elke leerling in Witteberg die meesterstuk van sy of haar lewe volbring.
“Die berge se wit die groet ons van ver, vannag kyk ons op as Bethlehem ster” om ons Skepper te dank vir 50 goue jaar!