Augustus is Vrouemaand, en die DA se Moqhaka-Ckoukuscaucus het verskeie projekte aangepak om vroue te vereer wat onbaatsugtige werk in hul gemeenskap verrig.
Sheila Wiese, watwat aan stuur van die Kroonstad Disabled Angels and Women Enmpowerment-sentrum staan, lewer ’n besonderse diens aan die Kroonstad-gemeenskap.
Sy leer mense met gestremdhede vaardighede om produkte met die hand te maak sodat hulle self ’n inkomste kan skep.
Die sentrums is ’n niewinsgewende organisasie en afhangklik van skenkings om sy dienste volhoubaar te maak.
Koffieblikke, leë bottels, motorbande en ander vorme van afvalmateriaal word boonop benodig vir die produkte wat gemaak word – onder meer hondebeddens en stoele van die motorbande. Die publiek word genooi om die produkte te besigtig.
Raadslid Linda Louwrens het op Vrouedag, 9 Augustus, kruideniersware en skoonmaakmiddels aan die sentrum geskenk.
Om navrae te rig of skenkings te doen, besoek die sentrum by 74 Stewartstraat 74, Kroonstad, of bel Wiese by 065-518-8719.