Eendeweer knou oeste

“Mielie en sonneblomoeste, veral in die Noord- en Oos-Vrystaat, is gemiddeld tot ondergemiddeld weens die swaar reënneerslae wat in die eerste kwartaal uitgesak het. Sojaboon-oeste was gemiddeld tot bo-gemiddeld en het die buitengewone reënval beter


“Mielie en sonneblomoeste, veral in die Noord- en Oos-Vrystaat, is gemiddeld tot ondergemiddeld weens die swaar reënneerslae wat in die eerste kwartaal uitgesak het. Sojaboon-oeste was gemiddeld tot bo-gemiddeld en het die buitengewone reënval beter hanteer,” sê Boy Saaiman, streeks­verteenwoordiger van Vrystaat Landbou (VL) in Steynsrus.

Saaiman sê die styging in die verskillende graanpryse wat tot soveel soos 25% behels het, het vir boere wat weens die reën skade gely het ’n tikkie verliging gebring.

Hannes de Vos, ’n boer in die Kroonstad-omgewing, sê hoewel hy verliese met sy eerste mielies en sonneblom­aanplantings gelei het, die tweede aanplantings baie beter gevaar het. Hy sal volgende week sy laaste mielies begin stroop.

“Hier by ons so 10 km wes van Bethlehem was die gemiddelde mielieoes 5,7 ton per hektaar teenoor verlede jaar se 7,2 ton per hektaar,” sê Hendrik Knobel streeks­verteenwoordiger vir die VL in Bethlehem.

Hy sê vanjaar se opbrengste is hoofsaaklik bepaal deur die soort grond waarop aangeplant is.

“Sandlande, wat normaalweg jou beste grond is, het baie skade gely weens kunsmis wat maklik uitloog is, en die swaar lande met hoër kleipersentasies het beter gevaar omdat die kunsmis nie maklik uitgeloog is nie.”

Landboukundiges sê die stroopproses was vir sommige boere ’n uitdaging weens nat lande waar stropers in die proses vasgeval het.

Boere was ook genoodsaak om plaaswerkers te huur om die nat kolle in die lande met die hand te pluk en dan die mielies te dors.

Sommige boere het ook met vooropkoms-onkruid­doders wat weens uitloging baie oneffektief was gesukkel, en dit het veroorsaak dat die lande vervuil was in strooptyd.

Die stygende brandstof en kunsmispryse plaas baie druk op die bedryf.

You need to be Logged In to leave a comment.