Dorp stof solank makietie-skoene af

Kroonstad skud sy vere reg vir die grootste makietie wat nog op die dorp plaasvind het.


Kroonstad skud sy vere reg vir die grootste makietie wat nog op die dorp plaasvind het.

Van 20 tot 23 Oktober sal Kroonstad, wenner van Kwêla op kykNET se Dorp van die jaar-kompetisie, ’n miernes van bedrywighede wees. Inwoners en alle belangstellendes word na die KIA Makietie, asook die eerste jaarlikse Ignite and Revive-fees wat sal plaasvind, genooi.

Die feestelikheid sal op 20 Oktober met ’n dinee begin, en op 21 Oktober, tesame met die Hoërskool Trio se ope dag, wag ’n propvol feesprogram.

Hope vermaak wag op feesgangers, met bekende name soos Ruan Josh, Franja du Plessis, Bok van Blerk, Danny Smoke, Reën, Willem Botha, Kurt Darren en Refentse wat sal optree.

’n Groot landbou-uitstalling, asook ’n mark met ’n verskeidenheid stalletjies, kosstalletjies en prettige kindervermaak kan verwag word.

Die geleentheid sal op die Hoërskool Trio se terrein aangebied word, en besoekers kan die media vir meer inligting oor die feesprogram dophou.

Die KIA Makietie sal verfilm word as deel van die televisieblootstelling wat Kroonstad as dorp van die jaar gewen het.

You need to be Logged In to leave a comment.