Dorp in greep van feesgees

’n Byna tasbare energie van groot opwinding heers in Kroonstad.


’n Byna tasbare energie van groot opwinding heers in Kroonstad.

Die derde Ignite and Revive-familiefees is om die draai, en pret vir oud en jonk is weer op vanjaar se program.

Die fees word van Vrydag 30 Augustus tot 1 September in Kroonstad aangebied, soos verlede jaar by die North High School (ou Rooiskool).

Sportgeesdriftiges kan uitsien na die eerste Kroonstad TENS-sporttoernooi, waarin rugby-, Fast Five-netbal- en ringbalspanne mekaar die stryd gaan aansê.

Spanne van alle ouderdomme word aangemoedig om hulle vir die Kroonstad TENS in te skryf. Inskrywing kos R300 per volwassene en R100 tot R220 per kind. Elke deelnemer wat inskryfgeld betaal, kry ook ’n geskenksak en gratis toegang tot die fees vir die naweek.

Kroonstad TENS word moontlik gemaak deur George TENS en Ultimate Sports Nutrition (USN) as borg.

Almal word ook genooi om aan die 5 km-pretdraf, aangebied in samewerking met die Kroonstad-multisportklub, deel te neem.

Die rugbywedstryd tussen die Springbokke en die All Blacks sal op ’n grootskerm vertoon word, dus kan almal dit hier kom geniet.

Die ATKV bring drie produksies na die fees. Die kinderproduksie Die mooiste monsters op safari beloof om oud en jonk op ’n avontuur te neem.

Die komiese produksie Sjarrap en eet jou kos, met dramaturg en aktrise Ilne Fourie, beloof op sy beurt skaterlag-vermaak.

Die indringer is ’n hedendaagse weergawe van die verhaal van die barmhartige Samaritaan uit die pen van die bekende skrywer Maretha Maartens.

’n Landbou-uitstalling word boonop aangebied, met die nuutste in die bedryf wat besigtig kan word.

’n Wye verskeidenheid stalletjies en uitstallers sal ’n uiteenlopende aanbod produkte na elkeen se smaak aanbied.

Op die spyskaart is daar iets vir elke honger maag en droë keel.

Die program van die vermaaklikheidskunstenaars se fees-optredes lyk soos volg:

Vrydag 30 Augustus

16:00 – Duane van der Berg

17:00 – Carmen Basson

18:00 – Carma

19:00 – Demi Lee Moore

20:00 – Riaan Benadé

21:00 – Alterego

22:00 – Die Piesangskille

Saterdag 31 Augustus

15:00 – Duane van der Berg

16:00 – Jemma Catherine

17:00 – 19:00 Springbokke t. All Blacks

Optrede in rustyd – Carmen Basson

19:00 – Carma

20:00 – Dodo

21:00 – Ruhan du Toit

22:00 – Spoegwolf

Seremoniemeester – Carma

Sondag 1 September

08:30 – Carma

09:00 – The Shelter

Johan Vorster

Bernice West

Jacomien de Wet

Arnold de Wet

10:00 – Ds. Christo Weideman

Seremoniemeester – Charl Marais

Die Ignite and Revive-span sê hy sien daarna uit om al die besoekers op vanjaar se fees te ontvang.

Vir meer inligting besoek die sosialemediaplatforms van Ignite and Revive, of gaan na igniteandrevive.co.za.


  • VrystaatKroon is die gedruktemediaborg van die Ignite and Revive-familiefees.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.