Doornkloof tel kop op

Herstelwerk op die Voortrekkerplaas Doornkloof buite Lindley vorder goed nadat verskeie strukture vroeg vandeesmaand deur vloedwater beskadig is.


Herstelwerk op die Voortrekkerplaas Doornkloof buite Lindley vorder goed nadat verskeie strukture vroeg vandeesmaand deur vloedwater beskadig is.

“Ons is ongelooflik dankbaar dat die geboue en infrastruktuur op Doornkloof amper ten volle herstel is,” sê Willie Engelbrecht, gebiedsleier van Die Voortrekkers.

“Die elektriese, bou-, en lootgieterwerk sal binnekort voltooi wees en die terrein kan dan weer verhuur word.”

Die voorraadstoor, waskamer, vlagsaal en mansbadkamers op die hoofterrein is herbou en die breekwarestoor het net geringe skade.

“Die Doornkloof-rampfonds het ’n groot verskil gemaak, juis omdat die versekering nie al die uitgawes dek nie, en ons is opreg dankbaar vir elkeen se bydrae in die verband. Dit is alles net genade van God.”

Enigeen wat ’n bydrae tot die rampfonds wil maak, kan Engelbrecht by 082-728-1489 bel.

  • Die skielike oorstromings weens swaar reën wat op 4 Februarie dié skade aangerig het, het die lewe van die plaas se terrein­bestuurder, Chris Giliomee (59), geëis.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.