Dis feestyd in Reitz

Dit is altyd ’n fees vir VKB om die naamborg van die Bieliemieliefees in Reitz te wees, en vanjaar is geen uitsondering nie.


Dit is altyd ’n fees vir VKB om die naamborg van die Bieliemieliefees in Reitz te wees, en vanjaar is geen uitsondering nie.

VKB meen dit is ’n voorreg om sedert die ontstaan van die fees die pad saam te stap, en dit is verblydend om die invloed van die fees op die Oos-Vrystaat te sien.

Gemeenskapsbetrokkenheid, veral in die gebied waar die VKB-groep werksaam is, is van kardinale belang.

VKB is trots op die waarde wat die VKB Bieliemieliefees tot die plaaslike gemeenskap en die breër omgewing toevoeg.

Dit is ’n fees vir die hele gesin, maar boonop ’n advertensie en vertoonvenster vir die rol wat landbou in die samelewing speel die fees skep ’n ideale geleentheid vir die publiek om dit eerstehands te ervaar.

Die VKB Bieliemieliefees bring duisende mense bymekaar waar nuwe verbintenisse gevorm word en daar lekker saam in die beeldskone Oos-Vrystaat gekuier word.

Die feesorganiseerders sien daarna uit om vanjaar weer besoekers van heinde en ver in Reitz te verwelkom.

Die VKB-groep nooi almal om die fees by te woon en landbou en sy mense saam te vier.

  • Die VKB Bieliemieliefees vind van Donderdag 27 Februarie tot Saterdag 1 Maart plaas.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.