Diereliefhebbers kan só hulp aan organisasie en geliefde vierpotiges verleen

Met die aanbreek van die winter doen die DBV ’n beroep op die publiek om dringend ou komberse en dierekos te skenk.


Met die aanbreek van die winter doen die DBV ’n beroep op die publiek om dringend ou komberse en dierekos te skenk.

Dié organisasie se takke in Kroonstad en Bethlehem is van maandelikse skenkings afhanklik om na die viervoetiges in hul sorg om te sien.

Dit is vir die DBV ’n voorkeursaak om die diere te voed en te versorg, en skenkings hiervoor is noodsaaklik, maar skenkings om dag-tot-dag-uitgawes te dek word ook waardeer.

Lesers wat hul ondersteuning aan die organisasie wil bied, kan die DBV-kantoor in Kroonstad by 079-871-5947 kontak, of die Bethlehem-tak by 058-303-3998.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.