Diereliefde betrek almal

Dit is ’n riem onder die hart wanneer mense saamstaan vir ’n saak wat almal na aan die hart lê.


Dit is ’n riem onder die hart wanneer mense saamstaan vir ’n saak wat almal na aan die hart lê.

Die skielike ontslag van die voorsitter van die DBV in Bethlehem het die hele gemeenskap op hol gejaag.

Dit was sigbaar tydens die vreedsame optog wat op Saterdag 9 November by die DBV in Bethlehem plaasgevind het.

Die mense het opgedaag om hul stem te laat hoor vir die diere.

Ongeag van ras, kultuur of politieke geskille – almal was daar om hul stem dik te maak teen die skielike ontslag, asook om hulle steun te toon aan die voorsitter wat nou regsoptrede teen die Nasionale Dierebeskermingverening (NDBV) gaan neem.

Gedurende die jaar het verskeie DBV’s van oor die land heen die nuus gehaal oor geskille met die NDBV.

Dit het baie laat kop krap oor waarom die DBV’s ewe skielik die wind van voor kry.

Of die ontslag van die voorsitter regverdig of onregverdig is, sal deur ’n hof bepaal word. Wat wel baie belangrik is, is dat die dienste van die DBV so normaal as moontlik moet voortgaan en dat die diere se belange voorkeur kry.

Die gemeenskap van Bethlehem en omgewing het hoë agting vir die harde en onbaatsugtig werk wat deur die organisasie gelewer word, en daarom is die skielike wending vir meeste ’n bitter pil om te sluk.

Mag gereg en geregtigheid geskied vir ons viervoetiges wat nie hul eie stem het nie.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.