Diere benodig dringende steun

Die DBV in Kroonstad rig ’n dringende versoek aan die plaaslike gemeenskap om diere by die organisasie aan te neem.


Die DBV in Kroonstad rig ’n dringende versoek aan die plaaslike gemeenskap om diere by die organisasie aan te neem.

Die dierehokke is vol honde en katte, veral ná die Desembervakansie.

Die organisasie se voorkeursaak is om die diere te voed en te versorg, maar dit plaas baie druk op die dag-tot-dag-uitgawes en nie al die diere kan aange­hou word nie.

’n Projek is begin waar weldoeners ’n dierehok teen slegs R250 kan borg.

Hulle daag veral sakeondernemings uit om by dié projek betrokke te raak.

Die DBV is afhanklik van maandelikse skenkings om na die viervoetige inwoners om te sien. Mense wat betrokke wil raak kan die Kroonstad DBV besoek of skakel by 056-110-0041 of 079-871-5947.

Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.