Die waarheid sal aan die lig kom

Die vreugdesvure het hoog gebrand toe die nuus breek dat twee van die drie Gupta-broers wat soek was, in Dubai in hegtenis geneem is.


Die vreugdesvure het hoog gebrand toe die nuus breek dat twee van die drie Gupta-broers wat soek was, in Dubai in hegtenis geneem is.

Is dit ’n teken dat die gety draai? Of gaan dit net weer soos met oudpres. Zuma se hofsake ’n lang en uitgerekte storie word, die gewone rompslomp waaraan ons gewoond is?

Die inhegtenisneming is ’n positiewe teken, maar – sonder om te pessimisties te klink – hoe lank gaan dit neem voordat die Guptas en hul Suid-Afrikaanse makkers werklik boet en verantwoording vir hul dade neem?

’n Tikkie van verligting word gevoel namate van die korruptes in Suid-Afrika wat deel van daardie era was, aan die pen begin ry.

Daardie dowwe liggie wat doer in die donker tonnel begin flikker, skep tog ’n mate van hoop.

Dan, skielik, sommerso uit die bloute kom die skandalige storie van geld wat op pres. Cyril Ramaphosa se wildsplaas gesteel is na vore.

Interessant hoe die storie ná bykans twee jaar se stilswye die lig gesien het toe die Gupta-broers in hegtenis geneem is.

Wie steek sulke enorme bedrae kontant op ’n plaas weg?

Een ding wat duidelik hieruit volg, is dat die ANC se fondament stadig, maar seker, verkrummel. Die waarskuwingsligte flikker, terwyl die party alles in sy vermoë doen om nie uitmekaar te val nie.

You need to be Logged In to leave a comment.