So ’n rukkie gelede, op ’n koue dag met ’n gepaardgaande sterk wind, was ek onderweg om ’n tandartsafspraak na te kom.
Uit die parkeerterrein beur ek met moeite vorentoe op my twee krukke, op pad na die spreekkamer.
Tot my redding kom ’n vriendelike swartman my tegemoet en vou sy baadjiepante oop om as ’n skerm vir my te dien.
Hy loop al laggende agteruit en ek volg hom al sukkelende, met dankbaarheid.
Op hierdie wyse beskerm hy my nie net teen die koue nie, maar bied hy tot by die spreekkamer vir my ondersteuning.
Die komiese toneel wat hom hier afgespeel het, was tot ons groot vermaak, sowel as dié van omstanders.
Elkeen van ons kan wel hieruit ’n les te leer: Ongeag ras, klas of jou kultuur, dit kos niks om iemand in nood hulp aan te bied nie.