Dié ‘dwaasheid’ wel beloon

In al die geloofshelde van Hebreërs 11 se geloof is ’n element van dwaasheid. Die wêreld het vir hulle gelag, maar hulle het aangehou om vir God te glo en te leef.


In al die geloofshelde van Hebreërs 11 se geloof is ’n element van dwaasheid. Die wêreld het vir hulle gelag, maar hulle het aangehou om vir God te glo en te leef.

Vir die mense van hul tyd het hulle soos narre gelyk.

Abraham trek sonder kennis. Noag bou ’n ark in die droogte. Ragab red die vyand.

Tog ontvang hulle iets beters.

En hoewel daar oor hulle almal vanweë hulle geloof met soveel lof getuig is, het hulle nie verkry wat beloof is nie, omdat God vir ons iets beters beoog het, sodat hulle nie sonder ons die voleinding sou bereik nie. – Hebreërs 11:39-40

Hierdie mense word geloofshelde omdat hulle voorlopers van Jesus is. Soos Jesus, sien hulle hulself as diensknegte en helpers van mense.

Hulle groet mense wat nie teruggroet nie; doen dinge vir mense sonder om dank terug te verwag; kuier saam met buitestanders; versamel soos ander, maar deel ook uit.

Mense dink hulle is waansinnig. Hierdie mense wat bereid is om sonder beloning te wees en werk, ontvang iets wat die wêreld nie kan gee nie: ’n vreemde soort geluk en vrede.

Hulle word bevry van die sug na waardering, bekendheid en groepsdruk, die eie ek, en ervaar unieke blydskap.

Doen vandag iets “snaaks” ter wille van die gekruisigde Jesus. Wees ’n mens van God en maak jou oop vir die vreugde daarin en daarvan.

Gebed

Here Jesus, maak my soos U, want dit maak my lewe beter. Amen

  • Els was voorheen leraar aan die NG kerk Kroonstad-Suid.
Categorised:

You need to be Logged In to leave a comment.