Die Wesgrow Sentrale Skole Sportreeks is sedert begin Maart volstoom aan die gang en deelnemende skole is besig om behoorlik kragte op die sportveld te meet.
Die Hoërskool Trio in Kroonstad het op 16 Maart vir sy eerste ronde in die sportreeks ingespring en teen die Hoërskool Diamantveld op sy tuisveld te staan gekom.
Diamantveld het op die rugbyveld hoofsaaklik oorheers, met die eerste span wat met twee punte op die telbord gewen het.
Diamantveld het in die laaste minute van die wedstryd ’n drie gedruk om as oorwinnaar uit die stryd te tree.
Tyron Adams van Trio is as speler van die wedstryd aangewys.
Trio se o.15-rugbyspanne het al hul wedstryde gewen en die besoekers met ’n 0-telling op die telbord gelaat.
Onder die rugbyspanne was daar ’n goeie, sterk kragmeting gewees.
Altwee skole het om die beurt uitstekende oorwinnings op die veld behaal.
Trio se hokkiespanne het uitstekend gevaar en het byna skoonskip gemaak toe Trio net een van die ses hokkiewedstyde verloor het.
Die eerste meisiespanne het gelykop gespeel met 1 elk.
Die spelers Jani Wessels en Amo Dumane van Trio is as spelers van die wedstryde aangewys.
Diamantveld het koning gekraai op die netbalbaan toe hulle al 11 netbalwedstryde gewen het.
Nicole Myburgh van Trio is as speler van die wedstryd aangewys.
Hoewel die dag hoofsaaklik deur Diamantveld oorheers is, was dit Trio se gasvryheid en sportmangees wat uitgestaan het.
Uitslae
- Rugby:
Eerste span: DV 29 – 27 Trio
Tweede span: DV 41 –10 Trio
Derde span: DV 54 – 0 Trio
o.16A: DV 31 – 14 Trio
o.16B: DV 33 – 0 Trio
o.15A: Trio 50 – 0 DV
o.15B: Trio 52 – 0 DV
o.14A: DV 42 – 5 Trio
o.14B: DV 31 – 0 Trio
- Hokkie: seuns
o.18A: Trio 6 – 0 DV
o.18B: Trio 5 – 0 DV
o.16 A: Trio 3 – 1 DV
- Hokkie: meisies
o.18A: Trio 1 – 1 DV
o.18B: DV 3 – 0 Trio
o.16A: Trio 2 – 1 DV
- Netbal:
o.19A: DV 63 – 19 Trio
o.19B: DV 28 – 7 Trio
o.17A: DV 29 – 7 Trio
o.16A: DV 24 – 23 Trio
o.16B: DV 30 – 3 Trio o.15A: DV 28 – 9 Trio
o.15B: DV 25 – 7 Trio
o.15C: DV 22 – 6 Trio
o.14A: DV 22 – 6 Trio
o.14B: DV 21 – 10 Trio
o.14C: DV 16 – 5 Trio