Die Hoërskool Voortrekker het in die 2022-derby teen die Hoërskool Witteberg koning gekraai toe hy as algehele wenner van dié gewilde sportgeleentheid in Bethlehem gekroon is.
Groot opgewondenheid en goeie sportmangees het Saterdag (21/05) geheers tussen spanne wat ná twee jaar se onderbreking weens die Covid-19-pandemie weer aan dié derby kon deelneem.
Die onderskeie hokkie-, netbal- en rugbyspanne van die twee skole het goeie spel gelewer, en die kompetisie was sterk.
Dit was veral die wedstryd tussen die eerste rugbyspanne wat vir naelbyt-oomblikke gesorg het.
Teen rustyd was die telling 10 – 6 in Voortrekker se guns. Juis in die tweede helfte het Louis Janse van Vuuren, kaptein van Voortrekker, en sy span hul teenstanders verras om eindelik met 20 – 16 as oorwinnaars weg te stap. Puntemakers vir Voortrekker was Jake Landman met twee drieë en Ruben Kruger en DH Stevenson met een drie elk. Jake is as speler van die wedstryd aangewys.
Vanjaar se derby was ’n besonderse geleentheid omdat Voortrekker sy 120ste en Witteberg sy 50ste bestaansjaar vier. Dit is op Voortrekker se sportterrein aangebied en is goed deur talle toeskouers ondersteun, ongeag gure weersomstandighede.
Die uitslae van die derby is soos volg, met die spanne van Voortrekker se telling wat eerste genoem word:
Rugby
- eerste spanne: 20 – 16
- tweede spanne: 22 – 0
- derde spanne: 13 – 21
- o.16A: 7 – 15
- o.16B: 48 – 7
- o.15A: 22 – 19
- o.15B: 55 – 0
- o.14 A: 24 – 0
- o.14 B: 10 – 12
Hokkie
eerste seunspanne: 1 – 1
- eerste meisiespanne: 6 – 1
- tweede seunspanne: 5 – 0
- tweede meisiespan: 4 – 0
- derde meisiespan: 1 – 0
- o.16A seuns: 1 – 2
- o.16B seuns: 0 – 1
- o.16A meisies: 1 – 1
- o.16B meisies: 0 – 1
- o.14A seuns: 2 – 3
- o.14A meisies: 2 – 0
- o.14B 0 – 3 teen gekombineerde o.14A- en o.16B-span (vriendskaplike wedstryd)
Netbal
eerste spanne: 40 – 12
- tweede spanne: 23 – 15
- derde spanne: 12 – 7
- o.16A: 17 – 5
- o.16B: 15 – 12
- o.16C: 7 – 5
- o.15A: 25 – 12
- o.15B: 22 – 13
- o.15C: 18 – 1
- o.14A: 27 – 6
- o.14B: 23 – 4
- o.14C: 19 – 0